Pages Navigation Menu
Categories Navigation Menu

Coffee Creative Studio

Categories Navigation Menu

ONS STEL BEKEND: DNK

 

Durban-Noord Kollege is ‘n opvoedkundige instelling met ‘n Christelike grondslag, wat hoe standaarde handhaaf en geleenthede bied waar elke leerder tot sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel binne ‘n diverse gemeenskap.

ONS VISIE: Waar kinders hulle doel vind en groei

Durban-Noord Kollege is ‘n skool waar kinders welkom is, ‘n skool waar elke kind erken word as ‘n unieke persoon. Daarom bied ons jou ‘n verskeidenheid aktiwiteite aan op die gebied van sport sowel as kultuur. Afrikaanse onderrig vanaf Gr. 1-12 asook Engelse onderrig huidiglik van Gr. 1-4 en van Gr. 8-12. Ons spog ook met ‘n pre-primêre skool Toktokkie, op die perseel. Durban-Noord Kollege is ‘n skool wat gebaseer is op ‘n Christelike Etos met sterk waardes en beginsels.

ONS MISSIE: Deur Finansiële standvastigheid belê in: Kwaliteit Onderwys * Dienamiese Onderrighulpmiddels * Verskeidenheid sport kodes * Fasiliteite

Skoolleuse: AD LUCEM (Na die Lig) behels die skool se strewe om steeds sy ideale onder die Woord van God, uit te bou. Dit word gesimboliseer deur die oop Bybel. Die Vlamboom, ‘n welbekende inheemse boom van KZN, simboliseer die groeikrag van Durban-Noord Kollege.

GRAAD 12 EKSAMEN SLAAG PUNTE VAN AF 1997

  • 2015                 : 99%
  • 2014                 : 99%
  • 2011 > 2013    : 100%
  • 2010                 : 99%
  • 2008 > 2009  : 100%
  • 2007                 : 99%
  • 2006                 : 100%
  • 2005                 : 99%
  • 1998 > 2004   : 100%
  • 1997                  : 99%

Hierdie inhoud is ook beskikbaar in: English